Rio liewe Rio!

Vanoggend kry ons nuus dat ons drie sakke op die lughawe het. Abré se sak is nog nie hier nie, ek hoop maar vir die beste. 

Hy vat ‘n bus, taxi… ek weet nie wat lughawe toe nie. Hy sal wel iets praktiseer en regkry, soos altyd. Ek en die kinders gaan later iets eet en dan sit ons af strand toe. Die low season in Rio. Min mense, tog is die postos op die strande oop en die vendors loop rond en verkoop. Die kinders speel in die sand, Rio se strande se sand speel lekker! 

Oppad terug loop ons weereens, ‘n derde keer in Braian vas. Ons het hom in Argentina gesien, weer in Sucre en nou in Rio! Die wêreld is klein! Hy is totaal en al platsak en kom van ‘n werksonderhoud af. Môre doen hy ‘n kombuis toets en dan sal hy hopenlik werk kry. Ek hoop vir die beste vir hom. Ek hoop hy weet van workaway, of woofing.com om werk te soek. 

Dis al amper 14:00 en Abré is nog nie terug nie. Geen internet beteken geen nuus. Ons gaan vra die bure om hulle wifi te leen net om ‘n whatsup of twee te stuur. Ek is sommer vies oor die wifi. Nou kan ons nie boeke aflaai om in die vliegtuig te lees nie, niks… Ons eerste slegte booking in 5 maande is seker nie te sleg nie! Net jammer dis in Rio. 

Op die strand is daar ‘n paar groot konstruksies aangebring. Iets wat lyk soos ‘n tent of dome wat opgesit is vir wat ek dink, die olimpiese spele. Hier moes baie gebeur het in die tyd wat ons weg was in terme van dit, want die tyd kom al nader vir hulle.  Aan die oorkantste strand is daar ‘n groot paviljoen wat opgesit word. 

Ons geniet net weer die son en die see. Dis bewolk in Rio. Ons het in elk geval nie meer sonblok nie, hoop maar ons brand nie!! Dis in Abré se sak. Dis sand en speel en terugdink aan 5 ongelooflike anderste maande. 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *