Experience beats gadgets!!

Ek het in 2006 in Johannesburg ingetrek en was glad nie mal oor die idee nie.  Ek het smiddae langs Karin Schoeman gesit terwyl my kinders en haar kleinkinders gimnastiek gedoen het.  Min het ek geweet die tannie gaan my so “streetwise” maak …

Van die dame kan en net goeie dinge sê.  Sy reis die wêreld oor, per voet, voertuig, motorfiets en dalk een van die dae die seiljag …soms met net ‘n groep vrouens saam. Sy werk as Fisio, ma en ouma. Sy bly top-fiks en vir plesier ry sy motorfiets.  Haar hande staan vir niks verkeerd nie. Sy kan naaldwerk doen, fietse diens, maar haar beste bly Fisio.

Toe Karin bel en sê ek het iets vir jou, moes ek weet dit is nie ‘n “travel gadget” nie. Dit was kennis, iets wat jy daai dag so nodig gaan hê en dan met soveel dankbaarheid kan terugkyk en sê: Karin het geweet ek gaan dit nodig hê, dankie tog vir haar ervaring!!

Ek wens ek kan jou in ‘n bottel sit wat lees: “Just add water” en jou saamneem op die reis!!

Dankie vir die Quick-fix in strapping van enkels, knieë en seerplekke!!

Jy smile altyd en niks is te groot vir jou om dit te oorkom nie. ‘n Inspirasie!! Jy is een uit ‘n duisend, na 9 jaar is jy steeds heel bo-aan my Jo-burg lysie!!

One thought on “Experience beats gadgets!!”

  1. Jy maak n fout. Ons inspireer mekaar. Jou insette heg ek altyd met groot waarde. Ju is een van die mense wat se “ek doen” , dan gebeur dit. Wens vir julle n reis sonder beserings en hope pret!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *