Ons bagasie…vermis

Dis nou net wat jy nodig het as jy na 5 maande jou tweede laaste stop het. Geen sak vir Abré op Sau Paulo gekry nie. Was glo op die vliegtuig toe ons dit in Quito gesoek het…was seker toe al vermis. Dis iewers uitgehaal en nie weer teruggesit nie. Nou land ons in Rio en my en die kinders se drie sakke is ook soek. Die kan ons nog verstaan, want ons het geland en die boardig net-net gemaak na Rio. Op Sau Paulo moet doane gedoen word, want dis hier waar ons eerste die land inkom. Dit het vreeslik vinnig gegaan, dalk was die pak van die tasse net te stadig. Abré se sak…’n ander storie! 

Ons gee sel nommers, sms en hoop ons kry die bagasie teen môre. 

Ons vat ‘n taxi na Copacabana strand. Ons het airbnb bespreek en bly weereens in ‘n klein plekkie. Ons boek in, net om te hoor dat daar verkeerdelik gesê is dat daar wifi is. Dis meer as ‘n groot gemors vir my want ek wil my blog admin afhandel, foto’s oorstuur, videos oplaai…alles moet gebeur. Ons stap om iets te gaan eet. Ons kom by ‘n comida y Kilo wat regtig lekker lyk. Ek moet sê van al die lande en plekke was Rio se kos steeds die beste. Groot verskeidenheid, en vreeslik baie slaaie. Dis ook orals beskikbaar. Nie net in groot restaurante nie, orals te sien en maklik goedkoop verkrygbaar. Ons eet heerlik, dis slaaie, bone, rysslaaie, vrugte, groente, vis, vleis, koeke, roomys…alles wat lekker is! 

Dis nou al na 23:00 ons is ingeteken en gaan slaap. Sonder enige klere, 36 uur later. Life as a traveler…

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *