Cerra Negro, Volcan Chico

Jy bly op die Afrika kontinent en sien die tweede grootste krater in die wêreld eerste. Cerro Negro is sowat 10km in deursnee. Pikswart uitgeloop sowat 6 jaar terug! Die pad daarheen is egter nie vir sussies nie. Dit is 15km se heen en weer stap in die bloedige son van die ekwator, met hitte saam moet jy maar jou storie ken en deurdruk. 

Ons kry ‘n taxi tot by die park en begin stap. Dis stof en son. Die vulkaan is nie baie steil nie, sowat 1100m bo seevlak, maar dit gebeur teen so ‘n geleidelike helling dat jy skaars voel jy steig. Ons is baie gouer bo as wat ek verwag het en bekyk die groot swart krater. Die vulkaan het uitgevloei uit ‘n kraak, langs die ou krater van Cerro Negro. Met die oorvloei het die lawa weereens die hele krater volgeloop. Dit het 8 dae geduur en geen ontruiming of ander gevare ingehou nie. Verlede jaar het nog ‘n skoorsteen ‘n lawa vloei gehad. Klink vir my na net die regte plek om te bly vir vulkaan pret! 

 

Van hier stap Abre en Janko na Volcan Chico, die area waar die lawa vloei plaasgeving het. Dis ‘n hele klomp pype en baie lawavloei. Ek en Lenka wag in die koelte. Haar oor is seer…of net seer genoeg om nie te wil stap nie. Kan is verseker moontlik! 

Terugstap is baie warm. Teen 12:00 is ons weer by die park se hek en kry ‘n taxi terug huistoe. Ons trek swemklere aan en stap strand toe. Voor die huis verkoop hulle vis en Abré koop sommer ene wat ons vanaand sal braai. Nou drentel ons deur die dorpie vir sonblok, en Abré gaan ferry kaartjies koop vir oormôre se terugrit. 

Ons gaan na die surfer strand. Hier speel die kinders soos net die see kan speel. Later besluit ons om die roete langs die strand op te stap tot by die seegrot en Playa de Amor. 

Dis lekker, soos alle strandloop is. In en uit die water, speel, skryf, in spore loop. Ek neem die marine iguanas se voetspore af, dit gaan ek seker nie gou weer sien nie! Ek neem ons 4 se voetspore ook af. So ook die vorms wat gemaak word deur water wat om korale insyfer die strand in, en die pote van strandlopertjies…Isla Isabele se voetspore…

Kyk hier, wat is dit, soek die seeleeus in die water en so gaan die tyd verby. Ons loop in by die groen poele water en kyk uit oor Cerra Negro. Nou lyk sy klein waar sy agter Janko se kop uitsteek op die foto regs, tog baie groot. 

Ons gaan verder na grotte. Dis lawa wat opgehef staan en ‘n tonnel tot in die see vorm. Toe Abré gister hier was, was dit vol water. Vandag is dit laaggety en geen water. Ons loop aan na die Playa de Amor. Orals is iguanas wat rondlê en niks het om te doen nie. Hulle eet plante, stap aan oor die klippe en kou as hulle so uit die water geloop kom. Die stand is vol skulpies en koraal stukkies. Dis ‘n klein baaitjie, net groot genoeg vir so paar verliefdes! 

Oppad terug, ons het ver om te stap, maar verdwaal kan jy nie rerig so langs die see nie, dit gaan net lekker donker wees! Ons sien die dorpie se liggies in die verte en loop rustig. Niks jaag ons nie. 

By die huis vra Janko vir die oom of hulle ‘n braaier het. Hy bied ene aan, sommer carbon ook en neem deel aan die hele visbraai. Ek gooi koeldrank in en die drie manne staan en braai vis en gesels. Die oom werk by die munisipaliteit. Hy is vuil van kop tot tone. Hulle bou ‘n nuwe port, een wat groter is want Isabela groei en seevervoer neem seker toe. Die eiland het nie ‘n lughawe soos van die ander nie. 

Die vis is lekker en die oom gooi twee piesangs, skil en al ook op die vuur. Nee, nie die slegtes nie, hy braai lekker soet piesangs op die vuur. Dit gaan heerlik saam die vis en gister se rys. Hulle eet nie saam nie, glo klaar geëet. Ek gee gister se vis wat oorgebly het, en nog nie gaar is nie vir die tannie. Dit gaan ek nie nou meer gebruik nie. Sy sal nut kry vir dit. Ek groet die oom voor ek opgaan.  

Hy sit op die stoep met sy twee kleinkinders. Hy het 12 kinders. Mense in Equador het glo baie kinders. Ek gaan op, ek het nog gister se roomys wat ek nie geëet het nie. Die maak ek aan ‘n tou vas en laat sak dit oor die balkon vir die klein dogtertjie onder by haar oupa. Haar sussie is maar ‘n paar maande oud so sy sal nie kla nie. Daar hang die roomys. Toe sy uiteindelik die roomys gewaar spring sy op en gryp so mal wat sy kan na daai roomys. Haar oupa lag net, geen hulp! Die tou kan ook nie langer nie so die arme kind is op haar eie. Uit eindelik het sy hom! Ek hoop sy het hom geniet! 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *