Vandag maak ons ontbyt en dan is ons oppad strand toe. Isabela het ‘n baie beter besteding van geld as Santa Cruz. Die paaie word oorgedoen, die geboue is van beter gehalte en lyk ook mooier, geverf en versorg. Die strate is skoon en om die huise lyk dit in die algemeen meer versorg. Dis die grootste van die Galapagos eilande, maar het baie min mense wat hier bly. 

Ons stap en bespreek ‘n toer vir môre, ons wil die vulkaan gaan uitklim en dis sowat 40km se ry van hier af. Om in ‘n groep te gaan is beter, dan het jy sommer ‘n gids ook. 

Ons gaan strand toe. Die kinders is aangetrek en gesmeer. Die see is so mooi en die son skyn warm. Lenka het ‘n seer oor en sy is nie lus vir ver loop nie. Abré wil egter gaan stap, so ons divide en conquer. Ek sal by die kinders, die sand en die see bly, terwyl hy rustig gaan stap, aan die sowat 15km tot by the wall of tears. Die muur is gebou deur gevangenis. Dis glad nie mooi nie, maar die stap daarheen verseker die moeite werd gewees. 

 

Verder is daar baie iguanas. Skilpaaie is orals te siene, land skillies. Daar is ook ‘n grot wat in die see inloop, wat hy gelukkig nie explore het nie. Hy sien mooi voëls en neem so paar af. Ons het al boobies gesien, maar ek sal graag vir hulle wil sit en kyk op die land. Die toere is so gejaag. So ook die skilpaaie. Mens wil tyd hier spandeer en rustig raak saam die groot reptiele. 

Na 4 ure van hittige son, see en wind kom hy terug. Mooi foto’s geneem en baie mooi dinge gesien. Dit was verder as wat hy gedink het en hy moes flink stap. Ons aan die anderkant is totaal en al relaxed en lui. Son, see…wat kan nou erg wees? Op die strand is ‘n afgebakende area waar iguana’s broei. Honderde kleintjies sit op die rotse en bak. 

Dood honger gaan ons kosmaak in die hostel se kombuis. Na ete kla Lenka steeds van die seer oor. Ons het al vanoggend druppels gekoop en ingegooi, maar mens moet maar aanhou. Sy kry altyd seer ore van swem, so hieraan is ons al gewoond. Ek gee vir haar antibiotika wat ek al heelpad saamdra ingeval van nood. 

Vanaand maak ek vis gaar, ek het rys gekook vir Janko. Abré het gaan water koop vir die week, weereens ‘n bottel kon leen wat dit darm baie $ goedkoper maak. Ons eet vis…na die lang dag van son en see. Lekker eiland vakansie!