Snorkel

Snorkel is vandag se aktiwiteit. Die roete is na La Fé en Pinzon eiland toe. Ons is reeds 8:00 op die hawe reg vir ons see taxi. Dis ‘n hele ent uit met die bootjie, daar is 9 van ons. Dis snorkels, sonblok, finne en ons is oppad. 

Ons sien vandag see sklipaaie, ons swem saam ‘n rob, wat baie van Lenka hou. Janko swem so na aan die skillie dat hy oor haar mos ruggie kan streel. Dis viste en viste van alle kleure en groottes. Ons sien rays, ‘n hele skool. Die haaie het ons gemis, want ons was te besig met die rob en skilpaaie! Volgende keer! Die vis is baie kleurvol, en regtig die moeite werd. Ek sou steeds aanbeveel dat mens ten minste een keer in jou lewe Sodwana toe gaan vir ‘n behoorlike kleurdosis van koraal en visse. Hier sien ons net seesterre in kleur, en een of twee groot wit korale, wel lig gekleur. Niks anders nie. See pampoene, visse, skillies, robbe en iguanas. Koraal…nee. 

Ons het in totaal 3 keer vir snorkel gestop. Middagete was op die boot, rys en ‘n stew, met baie vrugte as snacks. Waatlemoen, lemoene en appels. Genoeg water en koeldrank en selfs ‘n bier wat gedeel word! 

Na ons eerste stop loop ons net skuins oor die eiland om die boot aan die ander kant te kry. Hier loop ons by ‘n hele trop iguanas verby. Hulle sit so hand om die lyf met mekaar, en bo-op mekaar in die son en bak. Dis ook hier waar ons die blouvoet boobies sien. Hulle is te oulik! 

Ons vat die skippie van hier na ‘n eiland sonder naam, een van vele in Galapagos om nog boobies en seeleeus te sien. Hoog teen die hange van die kranse broei die boobies en onder probeer die seeleeus warm word teen die hange van die klip. Oppad na ons volgende snorkel stop. Hier swem ons lekker saam die skilpaaie, die rays en seeleeu. Ons heel laaste stop is ons al moeg en koud. Die water is diep, die visse groot. 

Teen 16:00 is ons terug by die hawe. Ek het vir die kinders elkeen ‘n Galapagos artisenal roomys gekoop waarvoor ek ‘n volle $4 moes betaal. Moeg na baie swem, son en rondrits op ‘n boot gaan ons vanaand vroeg slaap! 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *