Van Nazca na Lima

Ons stap af na die busstop, waar ons die bus enige iets van 8:00-10:00 sal kry na Lima. Toe ons opdaag gaan koop ek koffie, summier. Ons wag so rukkie toe die vrou ons inlig dat hulle ons sommer op ‘n ander bus gaan sit, want ons bus gaan baie lank vat. So gesê so gemaak. Ons ry in (ek dink 7ster) luukse bus. Hier en daar iemand. Ontbyt word uitgedeel vir die ander passasiers. Ons pleps kry niks! Die film op film wat gewys word. Die kinders speel ipad, kyk soms film as dit nie te grusaam is nie. Dis nou maar eenmaal ‘n probleem in die lande. By ouderdom, geweld en romansie is daar absoluut geen perke nie. Dalk te min inligting oor psige in die plekke. 

Op ‘n stadium stop die bus en Abré spring uit vir ‘n snack en water. Ons ry verder deur die woestyn. Soms sien jy die see aan jou linkerkant. Gelukkig is die pad plat en reguit. Huise en klein dorpies so nou en dan, verder net sand, nog sand en klippe en klippe en weer sand. Dis bar. 

Dis al laat toe ons Lima binnekom. By die busterminaal kry ons ‘n taxi na ons blyplek in die Linse distrik. Ons bly in styl, airbnb, twee slaapkamer badkamer plek. Dis splinternuut gebou. Baie mooi en modern. Die kinders kies elkeen ‘n kamer en gou is ons vir die soveelste keer baie tuis in ons nuwe habitasion. Dis op die 5de vloer, ek hoop net die aarde staan stil! 

Ons gaan inkopies koop want hier kan ons so bietjie self kosmaak en regkom. Ons is moeg gery en sit vir die dag. Dit was ons laaste lang busrit vir die journey. Van hier net kort afstande waar nodig in stede en vlieg. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *