Koebaai Peru!

Is dit koebaai omdat ons oor ‘n paar uur na Equador vertrek, of is dit omdat Peru ‘n nuwe President het…ek sal eers oor 4 jaar weet, of teen vanaand so 21:00 as die eerste resultate begin deurkom. Hoe dit ookal sy, Peru was pragtig. Hier het ek vir die eerste keer in ‘n lang tyd ‘n absolute magical oomblik ervaar bo op die piek van Machu Picchu berg, wat uitkyk oor die stad van die Incas. Dis ook hier waar ek besef het Lima en woestyne sal nooit vir my wees nie. Ek hou van verde…groen…Natal. As ek dan moet kies tussen Lima en al die gemors in my eie land, kies ek maar Suid-Afrika. Soos my ma sal sê, die groen tuine is kos vir jou siel. Oor die ander plekke is ek nie so seker nie. Daar is darm baie mooi plekke in Peru, selfs mooi stede ook. Peru se busbestuurders kan wel,stadiger ry, en die busse kan die veiligheidsgordels los, nie afsny nie. Dieselfde vir Bolivia. Ek dink Bolivia het baie potensiaal. Chile is na aan my hart en so twee of drie stede of dorpe in Argentina. Ek was nie te veel beïndruk met die land nie, alhoewel ons nie op baie plekke was nie. Argentina se mere was wel pragtig. Die noorde, verseker ‘n pleister om jou totaal en al af te sit van die land. Die mense daar kripeer, terwyl Buenos Aires peperduur is. Ushaia sal egter altyd spesiaal wees. 

Ons het ‘n absolute heerlike laaste maaltyd in Peru gehad…en nee, dit is nie soos die skildery in Lima waar Jesus se laaste maaltyd cuy of marmot was, saam sy dissipels nie…imagine dit! Dit was vis. Abré sy rou vis, gemarineerd, tipiese ceviche. Janko sommer weer ‘n hele vis. Lenka chaufa Mariskos en ek pescada de plano. Voorgereg of happie is maar mielies op die plaat warmgemaak, met baie sout en ‘n baie vlambare chillie sousie! 

Peru het ons so paar keer laat lag. Laaste maal as cuy, die verkeerde gebruik of interpretasie van die woord llama vir die kroon van een of ander vrou, ipv vlamme kry sy toe ‘n llama. Verder wou ‘n seuntjie by sy pa op straat weet: Que es te llama? (How do you call him?) en die pa antwoord…Gringo. Ons klomp Gringo’s het Peru geniet. Van die tannies wat gaande is oor die wit kinders uit Suid-Afrika, tot die pa’s wat hulle kinders van die uitlanders of gringo’s leer. 

Ons het ons tasse herpak vir die vliegtuig, sodat ons die gewig kan versprei. Janko sinne het ‘n tent buite op. Vir busse maak dit mos nie vreeslik saak nie. My en Abré se binnekante van ons sakke is gepak met alles wat ons nie gou weer gaan gebruik nie, soos thermals, handskoene en baadjies. Ek het deur die medikasie gegaan en alles uitgehaal wat nou oorbodig is. Dit sluit in Malaria tablette (die Amazone sien ons weer ander keer) pille vir altura, als wat ek kon het ek gelos. Boksies, papiertjies…Elke gram tel! 

Ons klere is nou minimum. Die opgedrade hempies is uitgegooi en die kinders het elkeen ‘n Peru T-Hempie bygekry. Ons het vanoggend klere laat was by die enigste plek wat oop was! Nou is gepak en reg…of is ons! 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *