Lima – Miraflores

Lima se kus is nie vir swem en sonbrand nie, wel nie die tyd van die jaar nie. Dis surf en paragliding. Jy kan fietsry, draf, caraoke lewensstyl probeer namaak of jy kan sommer net stap, kyk en beleef. 

Oppad na die strand area stap ons by die sjokoladefabriek in. Hier kan jy ‘n kursus doen om sjokolade te maak, of trufles. Ons eet ‘n organiese brownie, met mango en suurlemoen roomys, want vandag is my swaer Phillip se verjaarsdag. 

Ek drink ‘n sjokolade submarine…warm melk en jou keuse van sjokolade. Dis nogal interessant, met die kakao vrug, met sy pitte wat fermenteer, die bone wat gedroog is en doppe waarvan daar tee gemaak word is eenkant. 

Ons stap tot by die punt op die strand vir verliefdes. Hier is mosaiek gedoen met paartjies se name orals op die muur as insetsels gemosaïk. So paar beelde in die parke, die oulike brondbeeld het ‘n gaatjie in die sak vir ‘n blommetjie! Die area waar mens kan paraglide, as jy genoeg versekering het. Daar is bo en onder teen die strans ‘n pad langs die strand, bo op teen die kliphange probeer hulle plantegroei met die hulp van nette vestig. Die grou lug en grou kliphange lyk maar bar. 

Na ons hier gekuier het stap, ons terug, die 5km huistoe. Ons stap by ‘n pottebakker verby, wat swart keramiek werk doen. Dis glo wit klei, wat met boombas gemeng word. Die potte se kleur is weens die rook in oonde. Ek hou meer van die swart klei wat gebruik kan word. Dalk moet ek meer aandag aan die pottery gee as ek teruggaan Johannesburg toe. 

 

Ons stap by Lima se Inka Mark verby en loer in om te kyk wat anders is. Hier is beter leerwerk en materiaal. Daar is minder gebreide musse en serpe en meer produkte uit fabrieke wat natuurlik beter kwaliteit is. Tossels die hele wêreld vol! 

Vanaand maak ek pasta met genoeg groente dat die kinders kan kla, dan weet ek daar is genoeg wortels, uie, sampioene, knoffel en tamaties in! 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *