Lima – Historiese gebied

…en dis hoe Janko Lima sien, dof. Die lug is wit, seker maar soos die Kaap en Europa. Dis dof, mistig soos Natal. Soms sien jy die son koelrond deurskemer, maar geen hoop, die mis is dig. 

Lima se historiese distrik het mooi stewige geboue. Dis kerke, parliment, die hof, museums van kuns, Universiteite, standbeelde van stigting, oorlog soos alle ander stede. Die Katedraal die mees interessantste, soos gewoonlik. 

Ons besoek ‘n ceramiek uitstalling, maar ek het al baie beter ceramiek in Peru gesien as die stukke. 

Basilica Cathedral of Lima. In 1540 is die eerste kerk gebou. Klein, maar daar. Slegs 11 jaar later in 1551 is die kerk vergroot. In 1622 is die laaste katedraal in gebruik geneem, alles voltooi, soos vandag. Al drie op dieselfde perseel gebou, daarom die ryk geskiedenis. Daar is 4 grafkelders in die katedraal. So is al die aardbiskoppe van die kerk hier begrawe, onder die hoof altaar. Die stigter van Lima, Pizarro, se lyk is ook hier gevind tydens restorasie…en die kontroversiële storie van sy kop in die lood boksie, maar hy is geskuif na die Fransisco Pizarro kelder. Baie mooi in mosaiëk in goud, die wapen van Peru en als geskiedenis. 

‘n Derde grafkelder is eers in2011 ontdek, tydens restorasie. Onder die tempel van die Lady de Candelaria, so ook dan die naam van die grafkelder. Hier was 70 lyke gekry, van alle rasse. ‘n Vierde grafkelder onder Lady of the Assumption is vir die publiek geopen in 2012. Hier is 110 lyke gekry in silo’s, of soos dit genoem word anti-seismiese pits. Lyke van alle oorspronge, gemeng, Creole en een van Afrika. 

Die kerk het verder ‘n museum van kuns. Daar is koraalboeke, uitstallings persoonlike items, klere, skilderye, juwele…Als ryk en mooi. 

Die mark in die distrik is niks besonders nie. Dis modern, met als wat ingevoer is en aan mense afgesmeer word. Die mooi tradisionele mark is nie hier te vinde nie. Wat jy wel kry is die kosmark, soos op ander plekke en ook eetplekke. Van eetplekke het ons nou al genoeg gehad, na vandag koop en kook ons asb weer vir onsself! Vanoggend se oats was klaar ‘n bonus! 

Lima het mooi geboue, mosaiëk orals te siene, selfs op die straatmure is honderde mosaiëk kunsstukke. 

Na seker 5km van strate, blokke, rondkyk en verken is ons oppad huistoe. Ons vat sommer ‘n bus wat cerca ons blyplek is, want geen bus ry waar ons wil heengaan nie. 

Terug by die huis gaan Abré die wasgoed haal wat vanoggend ingegee is. Die kinders relax bietjie na die baie stap in die grim, warm stad. 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *