La comida desde Perú – Chicha

Restaurant Chicha, die kos en drankies van Perú! Om van straatkos en markte te eet is lekker, maar as een van die beste chef’s van Peru in Cusco ‘n restaurant het, wel vamos! 

Hier is ‘n agtersmakie van Chicha se drankies en kos! 

Gooseberry … en nog ietsie…ala Janko! is bo en onder Moraya Mia vir Lenka! 

Voorgereg om te deel, choclo, patas, en bees hart sosaties, saam diepgebraaide skaap, en groente in deegvulsels. 

Volgende is cuy…of te wel marmotte met sekerlik die lekkerste quinua slaai denkbaar! Effe soet met ‘n slaai en patrys eiers. 

Hierdie is choclo of mielies, ‘n tuisgemaakte mostertsousie met vark, diepgebraai en weereens papas. 

Ons probeer weer Rocoto Relleno, maar La Palamino in Arequipa sin was steeds die beste! 

Van nagereg het ons  nie foto’s nie. Wat wel op die spyskaart was is tuisgemaakte quinua roomys, coco roomys, heerlike sjokolade soufflé met mint roomys. In die agtergrond is Janko doenig met die souffle, voor die heerlikste cranberries, ginger ale en soda, la Nustá.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *