Salar Uyuni – Dag 3

Vroegoggend is ontbyt reeds reg, plaatkoekies, koffie en soy appelsap. Ek was skottelgoed, en sommer alles wat Santos gebruik het om vroeg vanoggend die middagete voor te berei. Lenka en Janko pak die koppies, pierings, messe vurke en glase weg. Oulike houers van lap met genoeg padding tussenin sodat dit nie breek met die vreeslike geskud op die sinkplaat grondpad nie. 

Ons ry by die Nasionale park uit en is oppad na die Arbol de Piedra. Hier mag jy nie opklouter nie, dank vader! Dis ‘n lekker plek die vir ‘n seuntjie, alleen somder sy ma…Janko kry darm geleentheid om te klouter en ons is weer oppad. Die pad is vreeslik sleg, maar ry moett jy maar ry. Die berge is vol sneeu, op die toppe, die kleire steeds mooi geel, rooi en wit in die bruin gemeng. Sand sover jy kyk, maar daar is tog grasspriete waaraan die Vacuña heeldag loop en kou. 

Ons ry volgende by 5 Lagunas verby, maar stop by twee. Oppad sien ons mooi landskap en viscachas. 

Laguna Honda het baie flaminke, ‘n hotel en winkel. Hier kan jy mooi foto’s neem van die flaminke want hulle is sommer naby. 

Ons ry tot by Laguna Verde. Hier is geen sout of Borax en ook geen flaminke nie. Hier kry jy weer eende. Middagete is hoender, hulle snaakse ronder silinder aartappels en patats asook rys en slaai. 

Ons is fort, oppad na die aktiewe vulkaan wat ons oppad hierheen gesien het. ‘n Rook wolk hang bo Volcan Ollague se krater. Dis 16:00 en die son sit hoog en warm! 

Ons volgende stop is Salarde Chiguana, hier neem ons foto’s op die dun sout laag. Die kinders speel op die treinspoor en ek kyk maar deur die lens na hulle. 

Die laaste stop voor ons slaapplek is die versteende korale. Hierdie is glo nie die enigste deel van die oseaan wat gelig is deur die tektoniese plate wat die andes gevorm het nie. Ander is te kry in grotte Galaxias. Dis ‘n groot area en die sout van die see het versamel…raai waar…op die sout vlaktes van Uyuni. Hier is die sout tot 130m diep, maar daarvan sal ons môre leer. 

Ons trek net met sononder by die sout hotel in. Ons kamers is ruim, sout beddens. Die mure, sout. Tafels en stoele…sout. Net die badkamers is geteël! 

Voor ete sien ek ‘n seuntjie kaartspeel op sy eie. Ons nooi hom vir ‘n pot en hy stem in. Sy naam is José en hy is 10. Hy is baie aangenaam, gou kliek die kinders en speel kaart. Hy leer ons ‘n nuwe speletjie, maar die klein klits kroek! Nou speel die kinders Rummy saam hom. Hulle het baie pret. 

Janko eet sop en Lenka wag vir die hoofmaal. José sê hy sal saam spagetti, tamatie salsa en kaas eet, want sy aandete was net sop. Ons sit almal aan en eet heerlik. Na spagetti kry ons ingelegde perskes, José eet myne en almal speel nog ‘n pot kaart. 

Ons is opsoek na smarties of iets om ouma se naam op die sout te skryf. José se sussie sê daar is ‘n winkel en hy moet ons sommer gaan wys. Janko en Abré stap saam en gaan koop iets om op die wit sout mee te skryf, hulle kom terug met suigstokkies en toegedraaide sweeties. Dit sal die ding moet doen! 

Janko skud blad met almal, die Franse girls soek elkeen ‘n soen! Nou gaan ons slaap, want môre moet ons 5:30 reeds oppad wees!  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *