Leeglê in Humahuaca

Hier sal jy nie vandag veel lees nie, want hier het nie veel gebeur nie. Laat opgestaan, en die tradisionele Artentina ontbyt. Kan nie kleinkry hoe hulle dit doen nie, maar ditmword wel gedoen. Dis glazed croissants, Skilferdeeg blokkies met ‘n keuse van botter, dulche de leche en konfyt. Alles soet, veby en heel ongesond. Dan café con leche, y sin leche o té. En so gaan dit orals. Daar is wel verskille. In die bietjie meer gesofistikeerde plekke sal jy croissants met vla in kry, of met meer suiker in. Dan kry jy die wat net bo-op gelglaze is, dan die sonder glaze en dan die plekke wat net van die deegkoeke gee. Dalk tradisie, dalk status, mens weet mos alles gaan oor geld en tradisies. Die enigste plek waar ons nog gebly het wat ‘n ordentlike ontbyt gegee het was in Puerte Natales, waar die hostel eier gemaak het, met vrugtesap en dan ook hierdie vierkantige brode, maar hulle was vars en sag. Die goeters wat hier bedien word is kurkdroog, hard en ek weet nie hoekom dit geëet word nie. Ek het geen idee wat die aantrekking is nie, glad nie! 

Janko is vuur en vlam want vandag gaan hy vir hom ook ‘n ocarinero koop. Daar gekom is die stalletjie nog toe, niemand in sig nie. Ons stap ‘n draai en soos die strate besig word word dit ook warmer. Dis snaaks, as die winkels hier sluit, sluit hulle goed. Oor middag kan jy glad nie weet waar wat is nie. Die deure is toe, gegrendel, die advertensies buite weggepak, dis net een lang straat met deure. Niks geskryf of geverf nie, niks advertensies wat permanent is nie. Jy is skoon deurmekaar met waar jy is. Dis dalk hoekom dit so sleg gaan, heeldag toe, heel nag oop. 

Ons gaan terug plaza toe. Die stalletjie is oop en die keer is die potter self daar. Hy en Janko gesels in hul beste Spaans en kom so-so reg. Dit vat baie lank, want dit moet sus en so. Dan anders as Lenka sin, dan is dit te groot en dan te klein. Ons wag maar geduldig, want hy moet tevrede wees anders gaan hy nie speel nie. Na ‘n lang kommunikasie proses koop hy ene en ek vat die heel kleinste ene, dalk bemeester ek 8 note!  

In die proses wys hy ene wat hy besig is om te maak. Die klei is leather dry, en sy stem masjien lê in die boks. Nou werk jy maar die klei en toets die gaatjies tot jy die regte noot, klank en toonhoogte gepas het. As alles mooi is dan versier jy en dan is dit baktyd. Baie oulik, dalk moet ons probeer as ons terug is by die huis! Google, hier kom ons weer! Hier is nog idees vir instrumente…vir die skaapboere onder ons! 

 

Ons is nou in die strate so ek wil sommer die kos koop vir vanaand. Ons loop ‘n ent weg van die plaza af opsoek na die mark. Hier koop ek groente, vrugte als wat ek nodig het vir $25, dis gelykstaande aan R25. Ons kort net vleis, maar al die winkels is nou reeds toe, dis al amper 12:00. Nou maak hulle eers weer 18:00 oop! 

Ons gaan terug na die Hotel toe. Dis ‘n deur op straat en as jy ingaan ‘n kamer links en regs. Dan ‘n lang eetsaal, twee tafeltjies wyd. Binne ‘n binnehof, totaal en al afgeskeep met tafeltjie, wasgoedlyn en lang gras. Daar is weer so 4 kamers, en dit is dit. Uit die kombuis agter die eetsaal is nog ‘n kamer of twee waar die werkers bly. Die vrou sê sy werk net hier, in die oggende werk haar man sy skof. Vanmiddag is haar seun hier. Ek weet nie wat die reëling is nie, seker maar dat geld moet in, en iemand hier moet wees. Dit kry hulle reg. Soggens maak sy alles skoon, en bedien die ontbyt saam haar man wat die koffie maak. En so werk alles uit. Gaste vul die boek in met alles detail van naam, van, nasionaliteit, paspoortnommers en datums. Dis seker die kontrole. O ja, en als kontant. Belasting is seker orals ‘n bliksem. 

Middagete was toebroodjies wat Abré gaan soek het. Die dorp is maar skaars op panederias en algemene kos. Janko oefen en gou kla hy dat die fluit ‘n sjuu klank het. Ons stap terug, net sodat hy kan hoor dat hy meer moet oefen, want as ek dit sê weet ek mos niks. Hy is nou tevrede en ons is weer oppad.  

Aandete was tuisgemaakte spagetti, met aartappels – ‘n eerste- en die res van die spyskaart, wortels, knoffel, uie en vleis soos dit maar Hoort. Ek dink nie die hotel laat eintlik mense toe om te kom kook nie, maar sy het gesê ek kan, so ek maak kos en teen ete styd kry sy ook ‘n bord kos. Ons eet al al saam, ek hoop dis eetbaar, dis verseker beter as die ontbyt koeke!! 

Ons het redelik vroeg gaan slaap. Ek het soos altyd eers die kinders se sakke bekyk, reggepak en seker gemaak alles sal môre inpas. Elkeen se klere uitgehaal. Daarna het ons komberse uitgeruil, beddens nie te warm opgemaak nie en ons was reg vir slaap. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *