Tren de las nubes is die trein in die wolke. Jy vat die trein 7:00 in die oggend uit na San Antonio de los Cobres en dan is jy 23:00 die aand weer terug. Die trein is oop, April tot Desember…behalwe hierdie April. Na ‘n gesukkel met agentskappe het ons ‘n motor om die roete te ry en na die brug waaroor die trein ry te gaan kyk, asook foto’s te neem van die uitsig oor die vallei. 

Die rit daarheen is enige kunstenaar se droom. Dis lyne en kleure, die berge vou oor mekaar en deurmekaar. Daar is spatsels van rooi en wit tussen bruin en pienk. Die verwering maak die prentjie nog mooier omdat die berge grond nie golwend is nie, maar grof en puntig. Ek kliek kliek net die hele pad. As jy hier iets afneem is dt daaikant mooi. As jy daaikant kyk mis jy die mooi rotsformasies die kant. As jy die dinkies afneem, is die llamas (chama) ander kant. As jy na die droeë berge kyk mis jy die groen vallei. As jy die spierwit Kerkie sien, kruip die modder huisie wat skaars 2m hoog is vir jou weg teen die rivierbank. Hier is net een village, met ‘n museum en argeologie site in Tastiel, die res is hamlets. Drie-huis dorpies. Hierdie is Tastiel se kerk, dis modder, en daardie klippe is op geverf! 

Dis kyk en verkyk met die roete, maar jy moenie vergeet om op die pad ook te kyk nie want soms is dit grond, dan weer teer, soms wawyd en soms net 3m om die draaie. 

My kamera is pap, so die kan ek nie deel nie. Ons sien die mooiste klein skooltjie, as jy Engels wil gee en die wêreld verloor moet jy die roete kom doen en die skool kom opsoek. Die skool sit teen die pad. Daar was seker 60 kinders wat daar rondgesit het. Die skool is buite gemosaïk, baie vrolik, groot en duidelik. Ons zirts net verby. 

Uiteindelik is ons op 4200m by die viaduct wat die hoogtepunt van die treinrit is. Die uitsig is nie so asemrowend soos die berge en huise oppad hierheen nie en ek is eintlik speit ons het nie meer tyd op diemroete spandeer en omgedraai met sonker nie. Die rating is veels te hoog op tripadviser. Daar is ‘n klein winkeltjie en ‘n myn trollie. Die llama se wol is met klippies versier. 

Ons ry na die bo-punt van die viaduct, ek voel regtig nie goed nie en draai om, Lenka is ook naar. Dis beter om weer af te gaan coca tee te drink en uit die gevaar zones te bly. Abré en Janko stap tot bo, weereens ‘n pa en seun adventure. 

Ons eet iets in San Antinio de los Cobres, kry coca tee vir altura en durf die lang pad huistoe. Die kerk in die dorpie, mooi afgeneem deur Lenka. 

Ons stop vir die sonsondergang en nou is dit net ons, die nag en wakende oë op die pad vir beeste, donkies, llamas, bokke en wie weet wat nog hier ronddwaal. 

Dis reeds pikdonker toe ons by die huis aankom. Berge sal nooit weer vir my grys wees nie, pienk is die nuwe kleur.

O, en net ter info, moenie dink jy kry brandstof tussen Salta en San Antinio de los Cobres nie.