Cirquita Gabriela Mistral

Wyn wêreld en Chile se Pisco wêreld. Soos jy uitry op die arouta de Las Estrellas se Cirquite de Gabriela Mistral ry jy letterlik deur eenstraat dorpies wat reg op mekaar lê. 

Gabriela Mistral is in Vicuña gebore in 1889, as Lucila de Maria Godoy Alcayaga. Ek sou dalk ook eerder Gabriela Mistral wou wees. Snaaks hoe mense hulle kinders familie name gee op die doop sertifikaat en dan sommer Lielie of Poppie noem. Wat is die sin aan die saamsleep. Alles in Vicuña draai om die digster, digkuns maand, in April, die maand van haar geboorte. Haar dood asook Nobel toekennings maand word ook gevier. Sy het ‘n Nobelprys vir literatuur in 1945 gekry. Dis darm lank terug, maar ek kan sien dat die valleie in skakerings van groen, geel en rooi met die verskillende kleure van die berge in bruin, pienk, pers en blou mens kan inspireer tot mooi woorde. Of dalk was die poëtiese skrywe net weens al die wyn en Pisco wat sy skelm gedrink het, mens sal nooit weet nie! 

Oppad na die Pisco Elqui vallei sien jy die wynplase en die klasse. Regs onder in die vallei is die groot dubbel verdieping huise en links van die pad die gehuggies van die werkersklas. Hulle het ten minste die view oor die berge…wê! 

Teen die hange is daar lande gemaak vir bome, dalk vrugtebome, beslis nie druiwe nie. Dis amazing. Teen die hange links van die pad is daar baie voorsorg vir rotsstortings. Elke klein dorpie het ‘n kerkie. Klip mure sien ons baie, dit word bo-op met riete en gromd geseël. Sommiges is oud, ander splinternuut. Dis die boustyl hier. Adobe stene, wat jy het gebruik jy. 

Ons stop op Montegrande by die Museu, hier het Gabriela skoolgegaan en gebly. Oulike klein skooltjie, met twee leerlinge soos julle kan sien! Dis ook die eerste keer dat ek ‘n Nobelprys medalje replika sien. Hoe kan ek dan nou by ‘n kerk verbystap? Die kerkie is oop, en laat my dink aan die geboue in Vicuña. Binne is dit weereens pragtig, met sterre op die dak. Dalk die oorsprong van die Route de las Estralles, of net die Chiloë gebruik wat hier ook is. Wat is dit nog met die mens en sterre? Die hele Routa de las Estrellas is rondom die sterre gebou. Dis jammer dat ons kan nie die sterrewag kon besoek nie. Ons sal maar Suid- Afrika sin moet probeer. 

Ons stop by Pisco Elqui. Hier is weereens ‘n mooi kerkie. Die dorpie is letterlik een straat, waar daar soms net een voertuig kan ry. Die pad uit is onder in die dorpie. Klein huisies langs mekaar, baie is nou winkeltjies wat konfyt, vrugte en vrugte stroop verkoop. Hier kan jy as toeris lekker vars uit die grond leef. Olywe word ingemaak. Gister het ons van dit gekoop maar ek het amper verstik aan die sout! Dit was tog lekker vars, en anders! Baie lekker atmosfeer. Die omgewing ruik pure gemmerbier. Ons loop by ‘n vaal restaurantjie in, en binne is dit ‘n oase, mooi klip mure en ‘n museum met ou distileerder, maar die is nie oop nie. Ek neem maar foto’s van wat te siene is buite die restaurant. 

Ons ry aan vir ‘n mooi uitsig oor die vallei en dalk ‘n distelleerder wat in aksie is! Ons moet terugry vir die bus na Atekama, en die toere begin eers 12:30, ons mis weer uit. Dalk moet ons maar self mampoer stook! Lenka het alweer planne wat haar oupa betrek by haar stokery. Sy sien ‘n besigheidsidee om elke hoek en draai. 

Ons ry terug na La Serena, maar stop eers weer by die Embalse Puclaro, sowat 50km voor La Serena. Die doel van die reservoir is om water te reguleer tydens droogtes. Dit kan 200miljoen kubieke meter water vat. Op die dam wal is ‘n monument, “Windy images of Elqui”. Dis ‘n wind harp, wat speel soos die wind uit die vallei oor die snare speel. 

Ons groet Vicuña, Torre Baueris in 1905 op die bestaande Stadsaal gebou en natuurlik na die burgermeester vernoem, Adolfo Bauer. Dit is ‘n replik van soortgelyke torings in Duitsland. ‘n Tweede gebou is die Templo Inmaculado Concepción, wat in 1909 gebou is op die plek van die oorspronklike vorige tempel. Raai wie is in die tempel gedoop? Jip die ene Gabriela. 

Dit was dan nou Vicuña, Cheers op nog ‘n PISCO sour!! 

Ons kry ons klere, en Abré laai ons by die busstop af. Hy gaan gee die motor in, of so dink ons. Hy is vroeg terug, die kantoor is toe op ‘n Vrydag. Die kantoor by die lughawe is oop. Hy moet daarheen. Ons kan nie die buskaartjie verander nie. Die plan is nou maar soos dit is. Ek en die kinders ry, en hy vat die volgende bus na Atakama. Janko is hoogs ontsteld dat sy pa nie saamgaan nie. Ons sit heel voor bo in die bus. Nou is dit ipads, snacks en die lang pad vorentoe! 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *