Pichilemu: Surfing the Pacific

In die dorp sal jy ‘n spelt hoor val buite seisoen en ek is seker in vakansie tyd sal ‘n kat nie haar kleintjies hier kan kry nie. As jy jou brood botter vir ‘n eerste wêreld land, soos ons in Suid-Afrika, mis jy die geleenthede van ontwikkeling van ‘n derdewêreld land, soos Chile. 

Die dorp is 100% toegerus vir vakansiegangers. Jy kan enige plek kampeer, solank daar warm water is en ‘n baño. Elke erf het ‘n bordjie, camping of cabaña. Nou imagine Scottburg met die items op die foto hier onder:

  • Akkomodasie by huise, moenie worry oor lakens wat pas nie, mix en match, goeie, nuut of oud, spons what ever se matras sal werk. 
  • ‘n Motorcross baan vir kinders, fietse, motorfietse hang af wie die mark is, op die lekker seesand. 
  • ‘n Canopy zipline, sommer oor die lagoon, dit sal mos die deurloop baie makliker maak.
  • Perdry op die strand. 
  • Perde karretjies wat ‘n loop ry deur die dorp se strate kan mos net lekker wees dan hoef jy nie al daai pad te stap van die woonstelblokke of jou erf kampery nie. 
  • Rye en rye stalletjies op die strand, dan kan almal iets koop vir vanmiddag as die munisipaliteit besluit die Wimpy word nie weer aan dieselfde eienaar verhuur nie. ‘n Hele rits maak dan sommer die pryse bekostigbaar vir almal want kompetisie is mos goed. 
  • Surf skole, letterlik rye van hulle en weereens is daar goeie kompetisie. Jy kry klere, borde als wat jy wil huur of koop onder een dak. 
  • ‘n Mooi park wat onderhou word, waar ou me se lekker kan gaan sit en na die see kyk. 
  • ‘n Mark area vir crafts, produkte alles handgemaak, sodat daar een gekontruleerde plekmis vir handel. 
  • Badkamers, waarvoor mens betaal vir toiletpapier…so verstop die toilette nie en almal gooi hul papier in die drom Weg. Dit los sommer twee probleme op. 
 
Ons botter ons land met sy korrupsie en derdewêreld probleme so met eerste wêreld standaarde en regulasies dat niks van hierdie moontlik sal wees nie. Te veel red-tape…en so mis ons aan die anderkant al die geleenthede, ons sal maar moet tevrede wees met die bestaande supertube op Scottburg se strans, ten minste vir nou…
 
Ons gaan ry perd, of eerder Abré en die kinders. Ek loop rond en bekyk die spook dorpie en verbeel my hoe dit in Desember tot Maart hier lyk. 
 
Dis na 15:00 en ons meld aan by die Escuela de la Surf. Ja, ons kom van Transvaal af en gaan surf lesse neem met 5mm wetsuits. La agua es muy frio! Die kinders is gou op en staan mooi. Ek en Abré lag ons vrek. Die opspring en afval. Dis probeer en om tiep. Dan gaan jy voluit en kom nêrens…en dan stoot daai golf jou dat jy spoed kry, balans is reg, jou voete werk saam en dis hemel op aarde. Ek dink elke mens moet ten minste een golf uitry in sy lewe. Een is genoeg vir die gevoel, die memorie, die drome en die potensiaal. Ai wat mis ons nie! 
 
 
As die swart sand jou nie pla nie, kom surf in Pichilemu, in vakansie tyd. Bespreek jou cabaña of koop ‘n tent…bring jou surfbord, jy gaan heeldag in die water lê en wag vir die regte surf! 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *