Die begin …

Wel dit lyk dalk nie so nie, maar tussen eksamens, inkopielysies van toiletpapier tot hondekos, is daar nog tonne om te doen voor die tasse gepak kan word.
Mens wonder altyd waar so iets begin. Wel seker iewers, een aand met ‘n glas wyn, ‘n oggend met ‘n koppie koffie of op die ingewing van die oomblik. Wat dit ookal was, dit het gebeur en dit is sekerlik die belangrikste ding.

Ek wou nog altyd my kinders tuis onderrig, het nog altyd gedink als in die wêreld verander behalwe ons skole. Uit met pakke, sykouse en hakskoene … maar die kinders in die stelsel is vasgevang die arme goed moet steeds dasse dra… En dit is net die make-up … wat nog te praat van wat binne in die boeke aangaan. Dit daar gelaat. Soveel ma’s soveel opinies.

Toe Abré by die huis kom met die nuus dat hy ‘n bietjie gaan afvat van mynbou (met die ekonomie in ag geneem) en sy kop gaan skoonmaak oor die volgende 30 jaar wat voorlê, was een van ons gesprekke rondom ‘n “roadtrip” saam die kinders. Ek was baie opgewonde maar soos meeste vrouens is het ek die veilige plekke, die bekende poskaarte gekies as destination. Dinge het anders uitgewerk. Die seisoene van die wêreld speel nie saam jou idees nie. Australië het ons beide al ‘n paar keer gesien so dit was tyd vir iets nuuts. Suid-Amerika!

‘n Bietjie advies as jy so iets beplan: Die weer kom altyd tweede, die kinders eerste… en daarom kom die weer maar eerste!!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *